You are invited to the Book Launch of
THE BIBLE: TIMELESS AND TRUE by Linda Blandford
Join us for an afternoon of celebration
Friday 24th July 2026
Pop in between 2 - 5pm
The Paxton Hotel, PE
Books will be on sale for only R250 | Pre-order copies can be collected
Theme: Book cover blue - Help us bring the book to life by wearing something blue!
More info:
www.pechurchnet.co.za/community/timelessandtrue.php
Pre-Order
here
Met trots aangebied deur NG Kerk Patmos -
'n Intieme reis deur die hart van die Karoo.
Na die oorweldigende sukses van Karoo Suite 1 en Karoo Suite 2: Karoonagte bring Deon Meyer en Coenie de Villiers nou Karoo-keur - 'n besonderse verhoogproduksie wat die mooiste stories, aangrypendste musiek en onvergeetlikste oomblikke uit albei bekroonde produksies saamvoeg.
Beskryf as "die mooiste liefdesbrief aan die Karoo", neem hierdie unieke produksie jou op 'n emosionele reis deur die uitgestrekte landskappe, mense en herinneringe van die Karoo.
Wat kan jy verwag?
Deon Meyer vertel sy meesleurende Karooverhale.
Coenie de Villiers begelei die stories met sy betowerende klavierspel en oorspronklike musiek.
Asemrowende foto's en videomateriaal van die Karoo, vasgevang deur wereldklasfotograwe van National Geographic, NASA en Deon Meyer self.
Pragtige animasie deur Diek Grobler wat die produksie nog meer besonders maak.
'n Intieme samevloeiing van woord, musiek en beeld wat temas soos herinnering, isolasie, hoop en verlossing op meesterlike wyse verken.
Saterdag, 25 Julie 2026 (twee vertonings) | 14:00 en 17:00
Nelson Mandela Universiteit - Suidkampus Ouditorium
Kaartjies: R250 per persoon
Beskikbaar by
Quicket of by NG Kerk Patmos: 083 258 9860 of 083 567 3133